header


registreer

Nood Nommers

fire-dept-logoBrandweer:
018 293 1111/2
Na ure: 018 299 5347

draft lens11661831module106861291photo 1277199254red-cross-logo

Hospitaal:
018 297 7011

Images advertisements potchefstroommediclinic

Medi-Clinic
018 293 7000

logoMedi-Cross
018 293 7800

logo csCrime Stop:
080 011 1213
Na ure: 018 299 7788

Traffic Department LogoVerkeer:
018 294 4477
018 299 5347

AIDS HelplineAIDS Helpline
080 012 3321

spca logoDBV
018 294 3856

2399-Professional walkie talkie --0Radio Kamer
018 299 7476

Childline logo

 

 

 

 

Webstats

Visitors
2
Articles
12
Articles View Hits
5300

Home

Nuusbrief Januarie / Februarie 2012

 BUURTWAGKOMITEE: OU BAILLIEPARK/VAN DER HOFFPARK
NUUSBRIEFJANUARIE / FEBRUARIE 2012

Goeiedag almal

Hierdie is ons tweede nuusbrief sedert ons stigting verlede jaar. Net om u geheue weer te verfris: Die lede van die Buurtwagkomitee is:

Renier Jansen van Rensburg (Voorsitter)
Neels Jansen (Ondervoorsitter)
Jaco Matthee (Sekretaris)
Nico Geldenhuys (Kommunikasie)
Petrusa du Toit (Kommunikasie)
Marius Liebenberg (Addisionele lid)

Ons het vergaderings gehou in Desember en Januarie. Vanuit hierdie vergaderings wil ons graag die volgende onder u aandag bring:

1.    Konstitusie of reglement vir die Buurtwag:

  • Ons is nog besig om inligting daaroor in te samel sodat ʼn toepaslike konstitusie opgestel kan word.

2.    Kommunikasie: die volgende 3 wyses word tans ontwikkel:

  • Webtuiste: www.bwpotch.co.za
  • Daarop is algemene inligting soos belangrike nuus, waarskuwings en gebeure. Ons nooi u ook om self enige nuus oor ons buurt op die Web te plaas stuur dit slegs na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. . Voortaan sal hierdie nuusbriewe ook daarop verskyn.

  • Sms’e: vir noodgevalle waarvoor kennis dadelik moet versprei word, soos bv ʼn kaping of inbraak wat êrens aan die gang is en wat erns vir die buurt inhou. Hier versoek ons u hulp asseblief. Ons nooi u om asseblief aan te bied om as fluitjieblasers beskikbaar te wees.

    Dit gaan so werk: Die fluitjie blasers gaan deur die omliggende blok(e) in kennis gestel word warrna hul die sms sisteem kan aktifeer sou dit gewig dra ens.
    Ons soek dus minstens 1 of 2 per straat stuur asb u bsonderhede na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

  • E-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Dis bedoel vir kennisgewings soos bv. van inbrake of verdagte persone/voertuie wat in ons buurt opgemerk is en sal die gereelde nuusbrief ook sirkuleer elke 1 of 2 maande. Stuur dus asb enige nuus na ons epos.

3.    Databasis:

Ons wil graag alle inwoners in Ou Bailliepark/Van der Hoffpark op die databasis hê met almal se adresse en kontaknommers. Registreer asseblief u adres as u dit nog nie gedoen het nie, en moedig u bure ook aan om dit te doen, dit vergroot ons kommunikasienetwerk en ons kan so probeer om misdaad in ons buurt te voorkom en te bekamp. Gaan na die webadres hierbo, onder Area → Sektor 1 → Ou Baillie/Van der Hoff Park, en registreer daar.

Ons is besig om kennisgewings oor ons Buurtwag by skole, kerke, winkels en besighede in ons buurt te versprei.

 

 

4.    Inligtingborde: ons wil graag by al die toegangsroetes tot ons buurt inligtingsborde opsit van die Buurtwag. Ons het reeds die borde ontwerp en ook by die Munisipaliteit uitgevind wat die spesifikasies en voorskrifte is vir die oprigting van die borde op die bepaalde straathoeke.

Ons is besig om borge te nader vir die oprigting van die borde. Indien u ook aan ʼn instansie kan dink wat dalk bereid sal wees om ʼn borg te wees, laat ons asseblief weet via e-pos.

Renier as Voorsitter woon ook die groter GPF-vergaderings by om ons Buurtwag se bedrywighede daar bekend te stel en ook om inligting van hulle af vir ons terug te bring, wat ons dan op die Web sal plaas.

Ons wil graag weer bevestig dat die doel van die Buurtwag nie is dat lede moet patrollie ry of strate te voet patrolleer nie, daarvoor is Mooirivier Beskerming daar en die Polisie doen dit ook. Dit kos ook niks om te registreer nie. Die doel van die Buurtwag is dat die lede in die omgewing mekaar moet ken en met mekaar kan kommunikeer as daar ʼn veiligheidsprobleem opduik.

Die fluitjieblasers via sms is wat ons nou benodig vir hierdie doel soos bo genoem, en daarom versoek ons u vriendelik dat ʼn paar van u asseblief sal aanbied om hierdie funksie te vervul.

Hiermee wens ons u sterkte toe vir die kwartaal wat reeds goed aan die gang is en met al u bedrywighede.

Vriendelike groete

 


 

 

Helder oordag inbrake!

nb

 

Die SAPS het dit onder ons aandag gebring dat daar in die laaste tyd helder oor dag inbrake by wonings in van der Hoffpark plaas gevind het.
Hulle vra dat die inwoners op die uitkyk sal wees vir 'n rooi city golf met die registrasie nommer NND366GP

Nuusbrief Desember 2011

 

BUURTWAGKOMITEE: OU BAILLIEPARK/VAN DER HOFFPARK
NUUSBRIEF DESEMBER 2011

Goeiedag almal

U sal onthou dat ons op 31 Oktober by Vyfhoekkerk bymekaargekom het, waar die Buurtwagkomitee vir Ou Bailliepark/Van der Hoffpark gestig is. Die lede van die Buurtwagkomitee is:

Renier Jansen van Rensburg (Voorsitter)
Neels Jansen (Ondervoorsitter)
Jaco Matthee (Sekretaris)
Nico Geldenhuys (Kommunikasie)
Petrusa du Toit (Kommunikasie)
Marius Liebenberg (Addisionele lid)

Dit is met graagte dat ons as Komitee nou ons eerste nuusbrief aan u bekendstel. Ons wil graag die volgende inligting aan u deurgee.

Ons het reeds twee vergaderings gehou. Daartydens het ons die volgende sake bespreek wat ons tans besig is om te ontwikkel:
1.    Konstitusie of reglement vir die Buurtwag:

  • Ons is besig om inligting daaroor in te samel sodat ʼn toepaslike konstitusie opgestel kan word.

2.    Kommunikasie: die volgende 3 wyses word tans ontwikkel:

  • Webtuiste: www.bwpotch.co.za
  • Daarop is algemene inligting, en nuusbriewe sal ook voortaan daarop verskyn.
  • Sms’e: sal gebruik word vir noodgevalle waarvoor hulp dadelik benodig word, soos bv ʼn kaping of aanranding.
  • E-pos: vir kennisgewings soos bv. van inbrake of verdagte persone/voertuie wat opgemerk is.

3.    Databasis:

  1. Ons wil mettertyd van alle inwoners in Ou Bailliepark/Van der Hoffpark ʼn databasis opbou van almal se adresse en kontaknommers.
  2. Ons wil kennisgewings in ons buurt versprei van die Buurtwag en kontakbesonderhede, by instansies soos skole, kerke, winkels en besighede in ons buurt.

4.    Inligtingborde: ons wil graag by al die toegangsroetes tot ons buurt inligtingsborde opsit van die Buurtwag. Ons het reeds die borde ontwerp en ook by die Munisipaliteit uitgevind wat die spesifikasies en voorskrifte is vir die oprigting van die borde op die bepaalde straathoeke. Ons benodig nou net borge vir die oprigting van die borde.

Renier sal as Voorsitter ook die groter GPF-vergaderings bywoon om ons Buurtwag se bedrywighede daar bekend te stel en ook om inligting van hulle af vir ons terug te bring, wat ons dan op die web sal plaas.

Nou versoek ons graag van u die volgende:

  1. 1. Gee asseblief vir ons voorstelle en name van borge wat ons kan nader vir die oprigting van die kennisgewingborde op ons
        straathoeke. U kan u voorstelle op die web plaas.
  2. 2. Gaan in op die web en registreer as lede van die Buurtwag.
  3. 3. Moedig ook u bure aan om as lede te registreer.

Ons wil graag bevestig dat die doel van die Buurtwag nie is dat lede moet patrollie ry of strate te voet patrolleer nie, daarvoor is Mooirivier Beskerming daar en die Polisie doen dit ook. Daar is ook geen gelde te betaal nie. Die doel van die Buurtwag is dat die lede in die omgewing mekaar moet ken en met mekaar kan kommunikeer as daar ʼn veiligheidsprobleem opduik.

Hiermee wens ons u ʼn geseënde Kerstyd toe en ʼn voorspoedige nuwe jaar. Hou lekker vakansie!

Vriendelike groete
 


 

 

Neem kennis

A man (with a Nigerian accent) came over and offered his services as a painter to a lady putting petrol into her car and left his card.

She said no but accepted his card out of kindness and got in the car.

The man then got into a car driven by another gentleman.

As the lady left the service station she saw the men following her at the same time.

Almost immediately she started to feel dizzy and could not catch her breath.

She tried to open the window and realized that the odour was on her hand -- the same hand that she had used to accept the card from the

gentleman at the petrol station.

She then noticed that the men were immediately behind her and she felt she needed to do something at that moment.

She drove into the first driveway and began to hoot repeatedly to ask for help.

The men drove away but the lady still felt pretty poorly for several minutes until she could finally catch her breath.

Apparently there was a substance on the card that could have seriously injured / incapacitated her.

This drug is called 'BURUNDANGA' and it is used by people who wish to incapacitate a victim in order to steal from or take advantage of them.

This drug is four times more dangerous than the date-rape drug and is transferable on simple cards.

So take heed and make sure you don't accept cards at any given time alone or from someone on the streets.

This applies to those making house calls and slipping you a card when they offer their services.

Burundanga is a drug made from the plant called either cacao sabanero or borrachero. It is used to drug unsuspecting tourists in order to rob

them.

Wees op uitkyk vir wit KIA

Kapteit Smits het my noubet gebel en gesê ons moet op die uitkyk wees vir die volgende:

Wit Kia Trokkie met Canopy

VCB 841 GP

Hul stel hul voor as tuindienste en steel dan goed in die omgewing en ook by huise

Normal 0 false false false EN-ZA X-NONE AR-SA MicrosoftInternetExplorer4

Kapteit Smits het my noubet gebel en gesê ons moet op die uitkyk wees vir die volgende:

 

Wit Kia Trokkie met Canopy

VCB 841 GP

 

Hul stel hul voor as tuindienste en steel dan goed in die omgewing en ook by huise